19 Toe U opgegaan het teen die hoë berg,het U gevangenes saamgevat.U het presente van die mense geneem,ook van die mense wat opstandig was teen U.U, o Here, o God, het op die berg gaan woon.
20 Ons wil die Here prys, Hy dra ons elke dag.Dit is God wat ons red. Sela
21 Hy is ons God, die God wat ons altyd help.Die Here red mense sodat hulle nie sterf nie.
22 Ja, God sal sy vyande se koppe stukkend slaan,die koppe van die mense wat aanhou sonde doen.
23 God het gesê: “Ek sal julle vyande laat terugkom,uit Basan of uit die diep plekke in die see,
24 sodat jy met jou voete in hulle bloed kan trap,en jou honde ook van die vyande se bloed kan kry.”
25 O God, almal sien hoe U en almal by Una die tempel gaan.Dit is my God, my Koning,wat na die tempel gaan.