26 Die mense wat sing, loop voor,die mense wat snaarmusiek maak, loop agter,en die meisies wat tamboeryne skud, loop in die middel.
27 Daar is ’n groot vergadering, almal prys God,die nageslag van Israel prys die Here.
28 Die leiers van Benjamin, die kleinste stam, is daar,hulle loop voor die ander leiers.Daarna kom die leiers van die Juda-stam,dit is baie baie mense.Daarna kom die leiers van die Sebulon-stamen die leiers van die Naftali-stam.
29-30 Leiers van Israel, julle God het vir julle krag gegee.Dit is die krag van God.O God, U het uit u tempel u krag gebruikom ons te red,U het dit gedoen vir Jerusalem.Konings sal presente bring vir U.
31 U moet hard raas met Egipte,daardie wilde dier tussen die riete,die volk wat sterker is as ander volke,soos bulle wat sterker is as kalwers,die volk wat trap op die stukke silwerwat ander volke vir hulle bring.U moet die volke na al die kante toe jaag,die volke wat lief is om oorlog te maak.
32 Hulle moet vir die Here presente bringuit Egipte,die mense van die land Kusmoet hulle hande uitsteeken tot God bid.
33 Mense van al die lande op die aarde,julle moet sing vir God,julle moet die Here prys, Sela