1 Vir die leier van die koor: Dieselfde musiek soos vir die lied “Blomme.” Van Dawid.
2 O God, U moet my red,want die water het tot by my keel gekom.
3 Ek het weggesink in diep modder,ek het niks waarop ek kan staan nie.Ek het in diep water gekom,en die watervloed spoel bo-oor my.
4 Ek is moeg van roep en vra dat U my moet help,my keel brand, my oë het dof geword,want ek hou aan om te wag vir my God.