19 O God, U doen reg aan almalop die aarde en in die hemel.O God, daar is niemand soos U nie,U wat groot dinge gedoen het.
20 Dit is U wat my baie swaar laat kry het,dit het gevoel of ek klaar in die graf is,maar U sal my weer laat lewe,U sal my weer boontoe laat komuit die diep plekke onder die aarde.
21 U moet my weer belangrik laat word,U moet dit weer goed laat gaan met my.
22 My God, dan sal ek U ook prysomdat U altyd dieselfde bly.Ek sal op die harp speel,ek sal op die lier speel en vir U sing,vir U, die Heilige God van Israel.
23 Ek sal vrolik skree wanneer ek vir U sing,ek wat vry is nadat U my vrygemaak het.
24 Dan sal ek ook die hele dag aanhou sêdat U reg gedoen het aan my.Ja, die mense wat dit sleg wil laat gaan met my,het verloor, U het hulle verneder.