3 U moet vir my weessoos ’n woonplek tussen die rotsewaarnatoe ek altyd kan komwanneer U besluit U wil my red,want net U is my Rots,my veilige plek in die berge.
4 My God, U moet my wegneemvan die mense wat verkeerd doen,hierdie mense wat sleg en wreed is.
5 Ja, my Here, ek weet U sal my help.Here, ek glo in U vandat ek jonk was.
6 Vandat ek gebore is,was ek seker dat U my sal help.U was by my vandat ek uitgekom hetuit my ma se liggaam.Ek wil aanhou om U te prys.
7 Daar is baie mense wat na my kyk,hulle sien dat dit U is wat my beskerm.
8 Ek kan nie ophou om U te prys nie,ek praat die hele dag oor U, die Koning.
9 Ek is nou oud, U moenie vir my weggooi nie.Ek is swak, U moenie vir my los nie.