13 Hy sal jammer wees vir die arm mense,die mense wat niks het nie,hy sal die lewens van die arm mense red.
14 Hy sal hulle wegneem van die mensewat hulle seermaak en hulle laat swaarkry.Die arm mense se lewens is vir die koning kosbaar,niemand mag hulle doodmaak nie.
15 Die koning moet lank lewe.Mense moet vir hom goud bring uit Skeba,hulle moet aanhou bid vir hom,hulle moet die hele dag biden vra dat dit goed sal gaan met hom.
16 Daar moet baie koring in die land wees,dit moet oral groei, tot bo-op die berge,dit moet groei soos die plante op die Libanon-berg.Daar moet baie mense in die stede wees,so baie soos die gras in die veld.
17 Mense moet die koning altyd onthou,hulle moet sy naam onthou so lank soos daar ’n son is.Al die volke moet weet en sêdat dit goed gaan met hulleomdat die koning daar is,en hulle moet bid dat hy gelukkig sal wees.
18 Ons prys God, die Here, die God van Israel.Net Hy doen wonderlike dinge.
19 Ons prys die Naam van die Here, die Koning.Die hele aarde moet weet Hy is Koning.Amen, ja amen.