3 Daar moet vrede wees en almal moet reg doenin die hele land, tot op die berge en die heuwels.
4 Die koning moet reg doen aan die mensewat hulleself nie kan help nie,hy moet die arm mense reden hy moet die mense strafwat ander mense laat swaarkry.
5 O God, die mense moet vir U dienso lank soos die son en die maan daar is,in hierdie geslag en in elke geslag daarna.
6 Die koning moet vir sy mense weessoos reën op grond waar die gras kort is,soos swaar reën wat die aarde natmaak.
7 Dit moet baie goed gaan met elkeen wat reg doen,daar moet vrede wees vir almalso lank soos die koning lewe,so lank soos die maan daar is.
8 Die koning moet regeer van die een seetot by die ander see,van die Eufraat-rivier tot by die verste plekkeop die aarde.
9 Die mense wat in die woestyn woon,moet voor die koning kom buig,sy vyande moet voor homop die grond kom lê.