5 O God, die mense moet vir U dienso lank soos die son en die maan daar is,in hierdie geslag en in elke geslag daarna.
6 Die koning moet vir sy mense weessoos reën op grond waar die gras kort is,soos swaar reën wat die aarde natmaak.
7 Dit moet baie goed gaan met elkeen wat reg doen,daar moet vrede wees vir almalso lank soos die koning lewe,so lank soos die maan daar is.
8 Die koning moet regeer van die een seetot by die ander see,van die Eufraat-rivier tot by die verste plekkeop die aarde.
9 Die mense wat in die woestyn woon,moet voor die koning kom buig,sy vyande moet voor homop die grond kom lê.
10 Konings van die land Tarsis en van die eilandemoet vir hom presente bring,konings van die lande Skeba en Sebamoet aan hom belasting betaal.
11 Al die konings moet voor hom buig,al die volke moet vir hom werk.