9 Die mense wat in die woestyn woon,moet voor die koning kom buig,sy vyande moet voor homop die grond kom lê.
10 Konings van die land Tarsis en van die eilandemoet vir hom presente bring,konings van die lande Skeba en Sebamoet aan hom belasting betaal.
11 Al die konings moet voor hom buig,al die volke moet vir hom werk.
12 Want die koning sal die arm mense redwat vra dat hy hulle moet help,die mense wat hulleself nie kan help nieen vir wie niemand wil help nie.
13 Hy sal jammer wees vir die arm mense,die mense wat niks het nie,hy sal die lewens van die arm mense red.
14 Hy sal hulle wegneem van die mensewat hulle seermaak en hulle laat swaarkry.Die arm mense se lewens is vir die koning kosbaar,niemand mag hulle doodmaak nie.
15 Die koning moet lank lewe.Mense moet vir hom goud bring uit Skeba,hulle moet aanhou bid vir hom,hulle moet die hele dag biden vra dat dit goed sal gaan met hom.