19 Skielik is hulle niks, hulle is baie bang en hulle sterf.
20 Dit gaan met hulle soos met ’n droom,dit is weg wanneer jy wakker word.Here, U laat hulle verdwynwanneer U dit besluit.
21 Toe ek ongelukkig en hartseer gevoel het,
22 was ek dom, ek het niks verstaan nie,ek was soos ’n dier by U.
23 Maar ek is altyd by U, U hou my hand vas.
24 U leer vir my wat om te doen en U lei my,en eendag sal U my na U toe neem,U wat Koning is.
25 Ek behoort aan U, en daar is niks anderswat ek wil hê in die hemel of op die aarde nie.