8 Hulle spot en hulle praatoor hoe hulle slegte dinge kan doen,hulle is hoogmoedig en hulle praatoor hoe hulle ander mense kan laat swaarkry.
9 Hulle praat teen almal in die hemel,hulle sê enige iets wat hulle wil sê oor ander mense.
10 Daarom kom luister mense graagna alles wat hierdie mense sê.
11 Die mense wat verkeerd doen,dink dat God nie weet wat hulle doen nie,hulle dink die Hoogste God weet niks.
12 Kyk hoe is die mense wat verkeerd doen,hulle is oor niks bekommerd nie en hulle word ryk.
13 Waarlik, ek het rein geblyen ek het niks gedoen wat verkeerd is nie,maar dit het my niks gehelp nie.
14 Ek het aangehou swaarkry,God het my elke dag gestraf.