10 O God, hoe lank sal die vyande nog aanhou spot?Hoe lank sal hulle nog aanhou om u Naam te laster?Vir altyd?
11 Hoekom steek U nie u hand uiten help ons nie?Hoekom maak U nie die vyande dood nie?
12 God is my Koning van lank gelede af,dit is Hý wat mense op die aarde red.
13 O God, dit is U wat sterk is,U het die see in twee gebreek.U het die koppe van die watermonstersin die water stukkend geslaan.
14 Dit is U wat die koppe van die watermonster Leviatanstukkend getrap heten wat hom vir die haaie gegee hetom op te vreet.
15 Dit is U wat fonteine en riviere laat vloei het,dit is U wat riviere laat droog word hetwaar daar altyd water was.
16 Die dag en ook die nag behoort aan U.Dit is U wat die son en die maanop hulle plekke gesit het.