11 Hulle het vergeet wat God gedoen het,hulle het die wonderwerke vergeetwat Hy vir hulle gewys het.
12 Hulle voorvaders het gesien toe God ’n wonderwerk doenin die land Egipte, die land waar die stad Soan is.
13 Hy het ’n pad deur die see gemaaken Hy het hulle laat deurloop,die water het soos ’n muur gestaan.
14 God het sy volk in die dag gelei met ’n wolken elke nag het Hy hulle met die lig van ’n vuur gelei.
15 God het rotse oopgebreek in die woestynen Hy het sy volk laat drink van die waterdiep onder die aarde.
16 Hy het strome water uit klip laat kom,die water het gevloei soos riviere.
17 Maar die mense van Efraim het aangehouom sonde te doen teen God,hulle was opstandig teen die Hoogste Godin die land waar daar nie water is nie.