23 Hy het wolke van bo af gestuuren Hy het die deurevan die hemeldak oopgemaak.
24 Hy het manna op hulle laat reënsodat hulle dit kon eet.Hy het vir hulle brood uit die hemel gegee.
25 Mense het brood van engele geëet,God het vir hulle kos gestuur, meer as genoeg.
26 Hy wat sterk is, het die wind laat waaiuit die ooste en uit die suide.
27 Hy het vleis op hulle laat reën, dit was voëls,so baie soos stof, so baie soos die sand by die see.
28 Die voëls het binne-in die kamp geval,rondom hulle tente.
29 Hulle het geëet en meer as genoeg gekry,God het vir hulle die kos gebring waarvoor hulle lus was.