28 Die voëls het binne-in die kamp geval,rondom hulle tente.
29 Hulle het geëet en meer as genoeg gekry,God het vir hulle die kos gebring waarvoor hulle lus was.
30 Maar hulle wou aanhou en aanhou eet.Die kos was nog in hulle mond,
31 toe het God kwaad geword vir hulle.Hy het van hulle vetste manne begin doodmaak,Hy het die jongmanne van Israel laat sterf.
32 God het dit alles gedoen,maar hulle het aangehou om sonde te doen,hulle het nie geglo dat dit Hý iswat die wonderwerke gedoen het nie.
33 God het hulle laat sterf.Hulle lewens het niks beteken nie, dit was soos wind,hulle was elke dag bekommerd en bang.
34 Elke maal wanneer God party mense laat sterf het,dan het die ander mense na Hom toe teruggekomen gesê dat hulle jammer isen dat hulle wil doen wat Hy wil hê.