50 Hy was kwaad, baie kwaad,en Hy het dit vir hulle gewys.Hy het nie hulle lewe gespaar nie,Hy het hulle laat sterf van pes.
51 Hy het die oudste seun van elke familie van die Egiptenaars laat sterfin Egipte, in die woonplek van die nageslag van Gam.
52 Maar Hy het sy eie volk weggeleisoos ’n herder sy skape en bokke weglei.Hy het hulle deur die woestyn gelei
53 en Hy het hulle gebringwaar hulle veilig kan weesen nie bang nie.Maar hulle vyande het in die see verdrink.
54 God het sy volk gebring na sy gewyde land,na die berg wat Hy geneem hetom aan Hom te behoort.
55 Hy het ander volke uit hulle lande weggejaagsodat sy eie volk daar kon woon.Hy het hulle lande vir die stamme van Israel gegeeen Hy het hulle laat woon in daardie volke se woonplek.
56 Maar die Hoogste God se volk het Hom getoets,hulle was opstandig teen Hom, hulle het nie gedoenwat Hy vir hulle gesê het nie.