54 God het sy volk gebring na sy gewyde land,na die berg wat Hy geneem hetom aan Hom te behoort.
55 Hy het ander volke uit hulle lande weggejaagsodat sy eie volk daar kon woon.Hy het hulle lande vir die stamme van Israel gegeeen Hy het hulle laat woon in daardie volke se woonplek.
56 Maar die Hoogste God se volk het Hom getoets,hulle was opstandig teen Hom, hulle het nie gedoenwat Hy vir hulle gesê het nie.
57 Hulle het weggegaan van Hom,hulle was ontrou soos hulle voorvaders.Hulle was soos ’n boog wat skeef wasen nie reg kon skiet nie.
58 Hulle het God kwaad gemaak,want hulle het offer-plekke gebou,hulle het Hom baie kwaad gemaak,want hulle het beelde aanbid.
59 God het geweet wat hulle doenen Hy het baie kwaad geword,Hy het die Israeliete heeltemal gelos.
60 Hy het die tempel in Silo gelos,die plek waar Hy tussen mense gewoon het.