7 Hulle moet glo dat God hulle sal help.Hulle moenie vergeet wat Hy gedoen het nieen hulle moet doen wat Hy gesê het.
8 Hulle moenie soos hulle voorvaders wees nie,want hulle voorvaders was hardkoppig en opstandig,hulle het nie aangehou om in God te glo nie,hulle was ontrou aan Hom.
9 Die mense van Efraim kon met pyl en boog vegmaar hulle het gevlug toe die oorlog begin.
10 Hulle het nie gedoen wat die verbond van God sê nie,hulle wou nie lewe soos Hy wil hê nie.
11 Hulle het vergeet wat God gedoen het,hulle het die wonderwerke vergeetwat Hy vir hulle gewys het.
12 Hulle voorvaders het gesien toe God ’n wonderwerk doenin die land Egipte, die land waar die stad Soan is.
13 Hy het ’n pad deur die see gemaaken Hy het hulle laat deurloop,die water het soos ’n muur gestaan.