11 Hulle het gesterf by En-Dor,hulle lyke het op die grond gelê en vrot.
12 U moet met hulle leiers doen soos U gedoen het met Oreb en Seëb.U moet al hulle leiers laat sterf soos Sebag en Salmunna.
13 Hulle is die mense wat gesê het:“Kom ons vat die land van God vir onsself.”
14 My God, U moet ons vyande soos tolbosse maak,soos kaf wat wegwaai voor die wind.
15-16 U moet hulle volg en jaag met u stormwindsoos vuur ’n bos laat brand,en soos ’n vuur berge aan die brand steek.U moet hulle skrikmaak met ’n windwat alles wegwaai.
17 U moet hulle laat besef dat hulle sal verloor,sodat hulle sal weet wie U is.
18 U moet hulle laat besef dat hulle nie kan wen nie,hulle moenie ophou skrik nie,dit moet so sleg gaan met hulle dat hulle sterf.