2 O God, U moenie stilbly nie,U moenie maak of U niks hoor nie,U moet iets doen.
3 Want luister, u vyande raas,die volke wat nie vir U wil dien nie,dink hulle kan doen wat hulle wil.
4 Hulle maak slim planne teen u volk,hulle praat oor wat hulle wil doenteen die mense vir wie U beskerm.
5 Hulle sê: “Kom ons maak hullealmal dood sodat hulle nie meer’n volk is nie en sodat niemanddie naam Israel sal onthou nie.”
6 Ja, hulle besluit almal saam oor hulle planne,hulle maak ’n ooreenkoms,en die planne wat hulle maak, is teen U.
7 Die vyande is die Edomiete, die Ismaeliete,die mense van Moab en die Hagreërs,
8 die mense van Gebal en Ammon en Amalek,die Filistyne saam met die mense wat in Tirus woon.