1 Vir die leier van die koor: Dieselfde musiek soos vir die lied oor die parskuip. Van die Korag-groep. ’n Psalm.
2 Here, U wat oor alles regeer,ek is lief vir u tempel.
3 Ek wil graag daar wees,ek verlang na die tempel van die Here,ek wil juig oor die God wat lewe.
4 Here, U wat oor alles regeer,die mossies het ook neste,en die swaeltjies het plek vir hulle kleintjiesdaar by u altare, my Koning en my God.