2 Here, U wat oor alles regeer,ek is lief vir u tempel.
3 Ek wil graag daar wees,ek verlang na die tempel van die Here,ek wil juig oor die God wat lewe.
4 Here, U wat oor alles regeer,die mossies het ook neste,en die swaeltjies het plek vir hulle kleintjiesdaar by u altare, my Koning en my God.
5 Dit gaan goed met mense wat in u tempel woon,hulle hou nie op om U te prys nie. Sela
6 Dit gaan goed met mense wat weetdat U hulle sal beskermen wat graag na u tempel wil kom.
7 Wanneer hulle deur ’n droë vallei moet gaan,dan gaan daar fonteine vir hulle oopen dan laat die eerste reën dit goed gaan.
8 Hulle kry elke maal nuwe kragtotdat hulle by God in Sion kom.