10 Dit is U wat die wilde see stil maak,dit is U wat die hoë branders stil laat word.
11 Dit is U wat vir Rahab geslaan hetsodat hy gesterf het,dit is U wat u vyande na al die kante toe gejaag het,want U is sterk.
12 Die hemel behoort aan U,die aarde behoort ook aan U,die wêreld en alles daarop.U het hulle vas laat staan vir altyd.
13 U het besluit waar die noorde en die suide moet wees,Tabor-berg en Hermon-berg juig omdat hulle U ken.
14 U is sterk, U het baie krag,U kan doen wat U wil doen.
15 U is die Koning wat reg doen aan almalen wat reg oordeel.U doen wat U belowe heten U bly dieselfde.
16 Here, dit gaan goed met ’n volkwat weet hoe om vir U te juigen wat naby U kan lewe.