3 Ja, ek sê dat U altyd doen wat U belowe het,U sal dieselfde bly, soos die lug daarbo.
4 U het gesê:“Ek het ’n verbond gemaak met die man wat Ek gekies het,Ek het vir my dienaar Dawid belowe en gesê:
5 Jy sal altyd ’n nageslag hê,iemand van jou nageslag sal altyd koning wees.” Sela
6 Here, almal in die hemelmoet praat oor u wonderwerke,die vergadering van die engele moet praat en sêdat U altyd dieselfde bly.
7 Want niemand anders in die hemelis soos die Here nie,nie een van die engele kan doen wat U doen nie.
8 U is God, almal is bang vir U,almal in die groot vergadering van die engele.Almal rondom U respekteer U en dien U.
9 Here, God wat oor alles regeer,niemand is so sterk soos U nie.Here, almal rondom U weetdat U altyd dieselfde bly.