43 U het sy vyande laat wen teen hom,U het al sy vyande bly gemaak.
44 U het sy eie swaard stomp gemaak,hy kon nie wen en bly staan in die oorlog nie.
45 U het hom laat ophou om koning te wees,U het sy troon omgegooi, dit lê op die grond.
46 U het hom gou oud laat word,U het hom alles laat verloor. Sela
47 Here, hoe lank wil U nog maakof U dit nie weet nie?Altyd?Hoe lank wil U kwaad blyen ons laat brand soos in ’n vuur?
48 U moet onthou dat my lewe kort is.U het al die mense so gemaakdat hulle maklik sterf.
49 Watter mens wat lewe, sal nie sterf nie?Niemand.Watter mens kan homself vrymaak van die dood?Niemand. Sela