2 dan sê hy vir die Here: “By U is ek veilig,U is vir my soos ’n veilige plek in die berge.My God, ek weet U sal my beskerm.”
3 Ja, die Here sal jou red van die vangnetwaarin iemand jou wil vang,Hy sal jou red van die pes wat alles verwoes.
4 Die Here sal jou beskermsoos ’n hen haar kuikens onder haar vlerke beskerm,Hy bly dieselfde, Hy sal vir jou wees soos ’n skild,soos ’n sterk muur om ’n stad.
5 Jy moenie bang wees vir die dingewat jou in die nag laat skrik nie,of vir die pyle wat mense in die dag na jou toe skiet nie.
6 Jy moenie bang wees vir die peswat in die donker kom nie,of vir die dinge wat in die dag alles verwoes nie.
7 Wanneer 1 000 mense langs jou sterf, of 10 000,dan sal daar niks wat sleg is, met jou gebeur nie.
8 Jy sal dit self sien, jy sal kykhoe die Here die mense straf wat verkeerd doen.