1 ’n Psalm. ’n Lied. Vir die Sabbatdag.
2 Dit is goed om vir die Here dankie te sê,om te sing vir U, Hoogste God,
3 om elke môre te sê dat U doen wat U belowe,om elke nag te sê dat U dieselfde bly.
4 Ek doen dit met ’n tiensnaar-harp,en met die musiek van ’n lier,
5 want die dinge wat U gedoen het, het my bly gemaak,ek wil sing oor die dinge wat U gedoen het.
6 Here, dit is groot dinge wat U gedoen het,die dinge wat U dink, is vir my moeilik om te verstaan.