1 Here, God wat mense strafoor wat hulle gedoen het,God wat mense straf, U moet kom.
2 Regter van die mense op die aarde,U moet begin,U moet die hoogmoedige mense strafoor wat hulle gedoen het.
3 Here, hoe lank sal die mense wat verkeerd doen,juig oor wat met ander mense gebeur?Hoe lank sal hulle aanhou om dit te doen?
4 Hoe lank sal al die mense wat slegte dinge doen,aanhou spog?
5 Here, hulle laat u volk swaarkry,hulle verdruk die mense wat aan U behoort.
6 Hulle vermoor weduwees en vreemdelinge,hulle maak weeskinders dood,
7 en dan sê hulle: “Die Here sien dit nie,die God van Jakob weet nie dat dit gebeur nie.”