1 Die Here is Koning, die volke moet bewe,Hy sit op sy troon bokant die gerubs,die aarde moet skud.
2 Die Here is in Sion, Hy is grooten Hy regeer oor al die volke.
3 Here, hulle moet u groot Naam prys.Almal moet u Naam respekteer,u Naam is heilig.
4 U is die sterk Koning,U wil hê dat mense reg moet oordeel.U het gesê hulle moet in die land Israelreg doen aan almal.Hulle moet reg oordeelen hulle moet reg doen aan ander mense.
5 Julle moet ons God die Here prys,julle moet voor Hom buig, Hy is heilig.