5 Julle moet ons God die Here prys,julle moet voor Hom buig, Hy is heilig.
6 Moses en Aäron was twee van sy priesters,en Samuel was een van die mensewat tot Hom gebid het.Hulle het tot die Here gebid,en Hy het hulle geantwoord.
7 Hy het met hulle gepraat uit ’n wolk,hulle was gehoorsaam aan die wettewat Hy vir hulle gegee het.
8 Ons God die Here, U het hulle geantwoord,U was ’n God wat mense se sondes vergewe het,maar U het hulle ook gestrafoor die dinge wat hulle gedoen het.
9 Julle moet ons God die Here prys,julle moet buig by sy gewyde berg,want ons God die Here is heilig.