10 U sorg vir die aarde, U gee die reën,U maak die grond baie vrugbaar.’n Groot stroom water kom van Uen U laat die koring groei,ja, U doen dit alles.
11 U laat dit baie reën in die koringlande,daar is baie water waar die mense geploeg het.U maak die harde stukke grond nat,dit word sag van die reën.U laat die plante groei.
12 U maak dit ’n mooi jaar,alles groei goed, oral waar U gaan.
13 Die weivelde is vol gras,die heuwels juig.
14 Die veld is vol skape en bokke,die valleie is vol koring,die mense skree, hulle sing.