5 Dit gaan goed met iemandwanneer U hom kiesen hom laat nader komom voor u tempel te staan.Hy sal genoeg kry van al die goeie dingein u tempel, u gewyde woonplek.
6 Wanneer U reg doen aan onsen vir ons antwoord,dan doen U wonderlike dinge,U, die God wat ons red.Al die mense weet dat U sal help,al die mense in die verste plekke op die aardeen ver anderkant die see.
7 U is sterk, sterker as alles en almal,U het die berge neergesit op hulle plek.
8 Wanneer U praat, dan word die see en sy branders stil,en die volke hou op om te raas.
9 Die wonderwerke wat U doen,laat die mense op die hele aarde bang word.U laat hulle vrolik sing in die ooste en in die weste.
10 U sorg vir die aarde, U gee die reën,U maak die grond baie vrugbaar.’n Groot stroom water kom van Uen U laat die koring groei,ja, U doen dit alles.
11 U laat dit baie reën in die koringlande,daar is baie water waar die mense geploeg het.U maak die harde stukke grond nat,dit word sag van die reën.U laat die plante groei.