7 U is sterk, sterker as alles en almal,U het die berge neergesit op hulle plek.
8 Wanneer U praat, dan word die see en sy branders stil,en die volke hou op om te raas.
9 Die wonderwerke wat U doen,laat die mense op die hele aarde bang word.U laat hulle vrolik sing in die ooste en in die weste.
10 U sorg vir die aarde, U gee die reën,U maak die grond baie vrugbaar.’n Groot stroom water kom van Uen U laat die koring groei,ja, U doen dit alles.
11 U laat dit baie reën in die koringlande,daar is baie water waar die mense geploeg het.U maak die harde stukke grond nat,dit word sag van die reën.U laat die plante groei.
12 U maak dit ’n mooi jaar,alles groei goed, oral waar U gaan.
13 Die weivelde is vol gras,die heuwels juig.