1 Van Dawid. 'n Psalm.Ek wil sing van u troue liefde en u geregtigheid,ek wil 'n lied sing tot u eer, Here.
2 Ek wil my daaraan wy om opreg te lewe.Wanneer kom U na my toe?In my huis wil ek lewe in opregtheid,
3 niks wat sleg is, wil ek nastreef nie.Ek haat wat verkeerd is.Dit mag geen houvas op my hê nie.
4 Valsheid wil ek van my af weg hou,van kwaad wil ek niks weet nie.
5 Wie sy naaste beskinder, wil ek uitwis.Hoogmoed en vermetelheid verdra ek nie.
6 Ek kies as my amptenaredié in die land wat op God vertrou;die man wat opreg lewe,hy kan in my diens wees.
7 Geen bedrieër sal in my paleis diens doen nie,geen leuenaar kan my dien nie.
8 In my daaglikse regspraak sal ek al die goddeloses in die land uitwis,almal wat onreg doen uit die stad van die Here uitroei.