1 Van die Koragiete. 'n Psalm. 'n Lied.Die fondament van Sion is die heilige berg.
2 Die Here het vir Sion liefmeer as enige ander plek in Jakob.
3 Daar word groot dinge van jou gesê, stad van God: Sela
4 “Ek reken onder dié wat my ken ook die mense van Egipte en Babel,selfs dié van Filistea, Tirus en Kus.Hulle het almal kinders van Sion geword.”
5 Daarom word van Sion gesê:“Daar is hulle man vir man gebore;die Allerhoogste hou Sion in stand.”
6 As die Here die name van die volke aanteken, sal Hy by elkeen skrywe:“Hierdie een is ook 'n kind van Sion.” Sela
7 Met sang en dans sal almal Sion prys.