1 Van Dawid.Ek wil U met my hele hart loof.Laat die gode maar hoor;dit is tot u eer dat ek sing.
2 Ek wil na u heilige tempel toe buigen u Naam roem om u liefde en trou,want U het u Naam en u woord bo alles gestel.
3 Toe ek na U geroep het, het U my gebed verhooren my nuwe krag gegee.
4 Al die konings van die aarde sal U loof, Here,wanneer hulle u woord hoor,
5 hulle sal sing oor wat die Here gedoen het,want die mag van die Here is groot.
6 Ja, al is die Here hoog verhewe,Hy gee om vir die nederige,maar Hy sien van ver af deur die hoogmoedige.
7 As die nood my oorval,hou U my in die lewe teen die woede van my vyande in:U strek u hand uit,u regterhand red my.
8 Die Here sal vir my alles goed laat afloop.Aan u liefde, Here, is daar geen einde nie.Moet tog nie die werk van u hande laat vaar nie.