1 Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid.
2 Hoe lank gaan U my nog bly vergeet, Here?Vir altyd?Hoe lank gaan U nog van my af weg kyk?
3 Hoe lank moet ek nog my eie planne maaken my dae met kommer deurbring?Hoe lank sal die vyand my nog oorheers?
4 Luister tog en antwoord my, Here my God!Gee my tog nuwe lewenskrag.Ek wil nie sterwe nie,
5 anders sê my vyand hy het my oorwinen juig my verdrukkers oor my ondergang.
6 Ek hou vas aan u troue liefde,oor die uitkoms wat U gee, juig my hart.Ek wil sing tot eer van die Here,omdat Hy aan my goed gedoen het.