1 Vir die koorleier: met snarespel. 'n Psalm van Dawid.
2 O God wat aan my reg verskaf,antwoord my as ek roep.Toe ek in die nood was,het U my bevry.Wees my ook nou genadigen hoor my gebed!
3 Hoe lank gaan julle my eer nog skend, mense,gaan julle valsheid liefhêen voorkeur gee aan leuens? Sela
4 Besef tog dat die Here wonders gedoen hetvir dié wat aan Hom getrou is.Die Here hoor as ek na Hom roep.
5 As jy ontsteld raak, moenie sondig nie;dink in stilte daaroor na as jy gaan lê,en laat dit daarby! Sela
6 Julle moet die offers bringwat aan julle voorgeskryf is,en julle moet op die Here vertrou.
7 Daar is baie wat sê:“Wie sal dit weer met ons goed laat gaan?”Wees ons tog weer goedgesind, Here, help ons!
8 U het my reeds groter vreugde laat beleweas wat daar is by mensewat koring en wyn in oorvloed het.
9 Nou sal ek onbesorg gaan lêen dadelik aan die slaap raak,want, Here, U alleen laat my veilig woon.