1 Van Dawid.Ek roep na U, Here, my Rots,moet tog nie doof wees vir my nie.As U bly swyg, sal ek wees soos 'n sterwende.
2 Hoor my smeekstemas ek na U roep om hulp,as ek my hande in gebed uitsteek na die allerheiligste deel van u tempel.
3 Moet my tog nie uitroei saam met die goddeloses,die mense wat onreg doen nie.Hulle praat vriendelik met hulle bure,maar daar is kwaadwilligheid in hulle harte.
4 Vergeld hulle volgens hulle dadeen volgens hulle skandelike gedrag.Vergeld hulle volgens die werk van hulle handeen laat hulle kry wat hulle verdien,
5 want hulle let nie op die dade van die Hereen op die werk van sy hande nie.Daarom sal Hy hulle afbreeken nooit weer opbou nie.
6 Aan die Here kom die lof toe,want Hy het my smeekstem gehoor.
7 Die Here is my sterkte en my beskermer,op Hom het ek vertrou.Hy het my gehelp.Daarom is ek bly en wil ek Hom loof met my lied.
8 Die Here is 'n sterkte vir sy volk,'n veilige beskutting vir sy gesalfde.
9 Red u volk en seën dié wat aan U behoort;wees vir hulle 'n herderen sorg altyd vir hulle.