1 'n Pelgrimslied.Ek kyk op na die berge:waarvandaan sal daar vir my hulp kom?
2 My hulp kom van die Herewat hemel en aarde gemaak het.
3 Hy sal nie toelaat dat jy struikel nie;Hy wat jou beskerm, slaap nooit nie.
4 Waarlik, die Beskermer van Israel sluimer nie in nieen Hy slaap nie.
5 Die Here beskerm jou,die Here bewaar jou van alle gevare.
6 Bedags sal die son jou nie steek nieen snags sal die maan jou nie kwaad doen nie.
7 Die Here sal jou beskerm teen alle gevaar,jou lewe sal Hy beskerm.
8 Hy sal jou beskerm waar jy ook gaan,nou en vir altyd.