1 'n Pelgrimslied.Toe die Here die lot van Sion verander het,was dit vir ons soos 'n droom.
2 Ons het gelag en gesing.Onder die nasies het hulle gesê:“Die Here het groot dinge aan hierdie mense gedoen.”
3 Die Here hét groot dinge aan ons gedoen;ons was bly.
4 Verander tog ook nou ons lot, Here,soos U droë spruite in die Suidlandin waterstrome verander.
5 Wie met trane saai, sal die oes met gejuig inbring.
6 Al loop hy en huil terwyl hy die saaisak dra,hy kom juigend terugterwyl hy sy gerwe dra.