1 By die riviere van Babel,daar het ons gesit, en ons trane het gevloeias ons aan Sion dink.
2 Aan die wilgerbome in daardie landhet ons ons liere opgehang
3 toe dié wat vir ons gevange weggevoer het,ons gevra het om 'n lied te sing,toe dié wat vir ons leed aangedoen het,van ons vrolikheid wou hê:“Sing vir ons 'n lied oor Sion!”
4 Hoe kan ons die lied van die Here singin 'n vreemde land?
5 As ek jou sou vergeet, Jerusalem,mag my regterhand dan verlam raak.
6 Mag my tong aan my verhemelte vaskleefas ek aan jou nie dink nie,as Jerusalem nie my grootste vreugde bly nie.
7 Onthou die Edomiete, Here,die dag toe Jerusalem ingeneem is,hoe hulle aangehou het met sê:“Breek af, breek af die stadtot op sy fondamente!”
8 Dat jy verwoes sal word, Babel, is seker.Gelukkig is die man wat jou terugbetaalvir wat jy ons aangedoen het!
9 Gelukkig is hy wat jou babatjies grypen teen 'n klip verbrysel.