1 'n Psalm van Dawid.Die aarde en alles wat daarop is,die wêreld en dié wat daar woon,alles behoort aan die Here,
2 want Hy het die fondamente daarvan in die see gelêen dit stewig gevestig in die waters.
3 Wie mag die berg van die Here opgaanen wie mag in sy heiligdom gaan staan?
4 Dié een wie se hande rein en wie se hart suiwer is,wat alle bedrog vermy en geen vals eed aflê nie.
5 So iemand sal van die Here seën ontvang,en God, sy redder, sal reg aan hom laat geskied.
6 Die mense wat na sy wil vra en Hom dien,is die geslag van Jakob. Sela
7 Verbly julle, poorte,wees bly, eeue-oue deure,want die magtige Koning wil ingaan!
8 Wie is hierdie magtige Koning?Die Here, sterk en geweldig,die Here, oorwinnaar in elke stryd.
9 Verbly julle, poorte,wees bly, eeue-oue deure,want die magtige Koning wil ingaan!
10 Wie is Hy, hierdie magtige Koning?Die Here, die Almagtige,Hy is die magtige Koning. Sela