1 'n Psalm van Dawid.Hoor my gebed, Here,luister tog na my smeking.U is getrou en regverdig,antwoord my tog!
2 Moet tog nie 'n regsaak teen my begin nie,want niemand wat leef, is voor U onskuldig nie!
3 'n Vyand vervolg my,hy trap my in die grond,hy hou my gevange in die donker.Ek is soos iemand wat lankal dood is.
4 Ek het alle moed verloor,ek is verslae.
5 Ek dink aan die verre verlede,ek peins oor alles wat U gedoen heten oor die werk van u hande dink ek na.
6 Ek strek my hande uit in gebed na U toe,ek is voor U soos 'n uitgedorde land. Sela
7 Antwoord my tog gou, Here,ek is heeltemal gedaan.Moet tog nie van my af wegkykdat ek word soos dié wat sterwe nie.
8 Laat my elke môre u liefde ondervind,want in U stel ek my vertroue.Wys my die pad wat ek moet loop,want my hoop is op U gevestig.
9 Red my van my vyande, Here,want by U skuil ek.
10 Leer my om u wil te doen, want U is my God!Laat u goeie Gees my op 'n gelyk pad lei.
11 Ter wille van u Naam, Here, laat my lewe.U is regverdig, red my uit die nood.
12 Vernietig in u trou my vyande,laat al my teëstanders omkom,want ek is u dienaar.