1 Die Here regeer: die volke erken bewend sy gesag.Hy troon oor die gerubs: die aarde sidder van ontsag.
2 Groot is die Here, Hy wat in Sion is,hoog verhewe bo al die volke.
3 Hulle moet u groot en gevreesde Naam prys:“U is heilig!”
4 U is die magtige Koning,U het die reg lief;wat reg is, het U tot stand gebring.U het reg en geregtigheid in Jakob gevestig.
5 Prys die Here ons God.Kom buig in aanbidding voor Hom:Hy is heilig!
6 Moses en Aäron was onder sy priesters,Samuel onder dié wat sy Naam aangeroep het.Hulle het die Here aangeroep en Hy het hulle gebed verhoor.
7 In 'n wolkkolom het God met hulle gepraat,en hulle het sy voorskrifte gehoorsaam,die opdragte wat Hy hulle gegee het.
8 Here ons God, U het hulle gebede verhoor.U was vir hulle 'n vergewende God,maar Een wat ook hulle sondes gestraf het.
9 Prys die Here ons God,buig voor Hom op sy heilige berg,want die Here ons God is heilig.