1 Vir die koorleier. Van Dawid.Die dwaas dink daar is geen God nie.Dwase mense vernietig alles;wat hulle doen, is 'n gruwel vir die Here.Daar is nie een wat goed doen nie.
2 Van die hemel af kyk die Here die mense deurom te sien of daar één verstandige is,één wat na die wil van God vra.
3 Almal het afgedwaal,die laaste een het ontaard;daar is niemand wat goed doen nie,selfs nie één nie.
4 Julle almal wat onreg pleeg,wat my volk opeet asof julle brood eeten wat weier om die Here te dien —weet julle dan nie
5 dat daar iets vreesliks met julle gaan gebeur nie?Omdat God aan die kant van die regverdiges is,
6 sal daar niks kom van julle planne teen die hulpelose nie:die Here bly sy toevlug.
7 Ag, mag daar tog uit Sion vir Israel redding kom!Wanneer die Here die lot van sy volk verander,sal Jakob juig, sal Israel bly wees.