1 'n Psalm van Asaf.Heidene het u land binnegedring, o God,hulle het u heilige tempel ontwyen Jerusalem in puin gelê.
2 Hulle het die lyke van u dienaarsaan die voëls gegee om te vreet,die vleis van u troue dienaars aan die wilde diere.
3 Hulle het die bloed van u dienaarsrondom Jerusalem laat vloei soos water.Niemand het hulle begrawe nie.
4 Ons het 'n bespotting vir ons buurvolke geword,ons word gespot en uitgejou deur almal rondom ons.
5 Hoe lank sal dit nog aanhou, Here?Sal u toorn dan vir altyd duur,u woede soos 'n vuur bly brand?
6 Laat u gramskap die heidene tref: hulle dien U nie;laat dit die koninkryke tref wat u Naam nie aanroep nie.
7 Dit is hulle wat vir Jakob tot niet gemaaken sy woonplek verwoes het.
8 Moet tog nie die ongeregtighede van vorige geslagteop ons laat neerkom nie,ontferm U tog gou oor ons,want ons kragte is gedaan.
9 Help ons, o God, ons Redder,ter wille van die eer van u Naam,red ons, vergewe ons ons sondestot die eer van u Naam.
10 Waarom moet die heidene sê:“Waar is hulle God nou?”Laat ons aanskou hoe u straf die heidene trefoor die bloed van u dienaars wat vergiet is.
11 Slaan tog ag op die gesug van die gevangenes.Red deur u groot mag dié wat met die dood bedreig word.
12 Betaal ons bure dubbel en dwars terug, Here,vir die bespotting wat U van hulle moes verduur.
13 Ons, u volk en u kudde, sal U altyd loof,van geslag tot geslag sal ons van u roemryke dade vertel.