1 Vir die koorleier: met snarespel. Van Dawid.
2 Hoor tog my hulpgeroep, o God,slaan tog ag op my gebed.
3 Ver uit die vreemde uit, in wanhoop, roep ek na U.Bring my op 'n rots waar ek veilig sal wees.
4 U is vir my 'n toevlug,'n sterk vesting buite bereik van die vyand.
5 Laat my by U 'n blywende tuiste vind.Laat my skuil onder u vleuels. Sela
6 U, o God, hoor my geloftes,U vervul die wens van hulle wat u Naam eer.
7 Laat die koning lank lewe,laat sy lewensjare oor geslagte strek.
8 Mag hy sy lewe lank regeer voor God,mag u liefde en trou hom bewaar!
9 Dan sal ek u Naam altyd besingen dag na dag my geloftes betaal.