1 Vir die koorleier: op die wysie van “Lelies”. Van die Koragiete. 'n Gedig. 'n Lied van die liefde.
2 Mooi woorde roer in my hart;ek dra my gedig voor aan die koning;my tong is soos die pen van 'n vaardige skrywer.
3 U is mooier as alle mense;oor u lippe vloei net vriendelike woorde,want u hele lewe lank seën God u.
4 Kom, held, maak u reg vir die stryd,kom in u koninklike luister.
5 Mag u oorwin!Knoop die stryd aan vir die waarheiden vir die reg van die hulpelose!U is geroepe tot magtige dade.
6 U skerp pyle laat volke voor u voete val;hulle deurboor die hart van die koning se vyande.
7 U troon, verhewe wese, staan vir altyd vas,met u koninklike septer laat u geregtigheid geskied.
8 U het die reg lief en u haat die onreg,want, verhewe wese, onder groot vreugde het u God u bo u tydgenote tot koning gesalf.
9 Die geur van mirre, aalwyn en kaneel deurtrek al u klere;musiek uit u ivoorversierde paleis maak u bly.
10 Voor u staan prinsesse, getooi met u juwele,en aan u regterhand die koningin, versier met goud van Ofir.
11 Luister, dogter, luister goed:neem afskeid van u volk en u familie,
12 want u skoonheid bekoor die koning.U behoort aan hom, u moet hom eer.
13 Dogter van Tirus, die rykes van die volk sal u guns soek met geskenke.
14 In louter prag staan die koningin daarin haar kleed van goudbrokaat;
15 in haar veelkleurige rok word sy na die koning toe gelei;sy en haar gevolg van jong meisies, haar vriendinne, word na u toe gebring.
16 Onder uitbundige vreugde word hulle ingelei,betree hulle die paleis van die koning!
17 Mag u seuns hê om u geslag voort te sitdat u hulle kan aanstel as regeerders in die hele land!
18 Mag deur my lied die roem van u naam oor geslagte strek,sodat volke u vir altyd sal prys.