1 'n Psalm van Dawid toe hy vir sy seun Absalom gevlug het.
2 Ek het so baie vyande, Here!Baie kom in opstand teen my.
3 Daar is talle wat van my sê:“Van God kom daar vir hom geen hulp nie!” Sela
4 Maar U, Here, beskerm my aan alle kante,U herstel my eer en aansien.
5 As ek na die Here roep,antwoord Hy my van sy heilige berg af. Sela
6 As ek gaan lê, slaap ek goed;ek word ook weer wakker,want die Here sorg vir my.
7 Ek is nie bang vir tienduisende mensewat van alle kante af op my toesak nie.
8 Kom tog, Here,help my, my God!U het nog altyd my vyande se mag verbreek,U het die aanval van die goddeloses afgeslaan.
9 Hulp kom net van die Here af.U laat dit goed gaan met u volk.Sela